Gauteng Philharmonic Orchestra, Pretoria South Africa: 2018
In sy 5de bestaansjaar het die Gauteng Filharmoniese Orkes reeds bekendheid verwerf
vir sy voortreflike programmering. Vandeesmaand se konsert is geen uitsondering nie.
Twee grootse simfoniese toondigte nl. Finlandia (Sibelius) en Les Preludes (Liszt)
omarm twee ewe voortreflike concertos van beide hierdie klassieke meesters –
die Klavier Concerto no. 1 (Liszt) en Sibelius se enigste Viool Concerto.
Vir hierdie program is die Belgiese dirigent, Rik Ghesquière op die podium. Hy het vroeër vanjaar Brooklyn Teater se gehore betower met sy knap leiding van die GPO in ’n Johann Strauss Gala konsert.
Leave a Reply
Want to join the discussion?Feel free to contribute!